So raak die munisipalebegroting jou sak

DIT is weer daardie tyd van die jaar wat ons onsself moet staal teen die nuwe munisipale tariewe.

Met baie gesinne/huishoudings wat reeds sukkel om kop bo water te hou, tree die nuwe tariewe vir elekrisiteit, water, riool, vullisverwydering en erfbelasting op 1 Julie 2023 in werking.

Kom ons begin met die grootste skok.

Vullisverwydering gaan met ’n astronomiese 66,60% op. Hierdie verhoging word toegeskryf aan ’n nuwe metode van berekening volgens die munisipaliteit.

Die ander groot verandering is dat die riooltariewe terugkeer na die ou stelsel waar daar ’n heffing op elke additionele toilet/urinaal betaal moet word.


Erfbelasting styg met 10% deur die bank.

In geldwaarde gaan jou erfbelasting soos volg styg:

Elektrisiteit styg met 16%, maar dit is onderhewig aan NERSA goedkeuring.

Water styg met 12%. Dit is van toepassing op jou basies. Tans is die basies R164,00 per maand. Dit styg na R184,00 per maand. Die gebruiktariewe styg tussen 1% en 6%. Sien die nuwe gebruikstariewe regs.

Alle ander munisipale tariewe styg met 6%. (Deur Heinrich Bosman)

Income and expenditure in a nutshell