Daantjie Katbesoek Oudtshoorn

Daantjie Kat, in samewerking met die Oudtshoorn Polisie, Oudtshoorn verkeer en Oudtshoorn Munisipaliteit – het by verskeie Laerskole in Oudtshoorn gaan kuier as deel van ’n bewusmakingprojek oor padveiligheid.

Die hoofdoel van die besoek was om leerders, veral dié wat skool toe stap, in te lig oor voetganger veiligheid. Daantjie Kat het leerders die moets en moenies geleer wanneer hulle voetoorgange nader, asook die belangrikheid van padtekens. Kinders wat die praatjie bygewoon het, het die inligting waarlik na harte geneem.

Brigadier Susan Crafford, stasiebevelvoerder van Oudtshoorn het haar dank en waardering uitgespreek aan almal wat die uitreik bygewoon en ondersteun het. Foto verskaf