DIE aantal COVID-19-gevalle in die Tuinroete-distrik het op Woensdag (17 Junie 2020) soos volg gelyk (aantal herstel in hakies): Oudtshoorn 29 (12), Kannaland 3 (2), George 201 (102), Mosselbaai 76 (34), Bitou 22 (16), Knysna 95 (64) en Hessequa 18 (14).
Volgens die Tuinroete Distriksmunisipaliteit het 10 mense teen Maandag al in die Tuinroete-distrik gesterf: 6 in George, 1 in Mosselbaai, 2 in Knysna en 1 in Hessequa. Twee van die sterftes in George is amptenare van die George Munisipaliteit.
• Aanpassing van syfers verander soms omdat mense se adresse byvoorbeeld onvolledig of verkeerd aangedui is, of hulle hul byvoorbeeld nie in die dorp of stad waar hulle woon laat toets het nie.