DIE Oudtshoorn Skaalmodelvliegtuigskou word van vandag (Donderdag 28 September) tot Sondag 1 Oktober by die Oudtshoorn Lughawe aangebied.
Dit is die 52ste jaar wat die Cango Vliegklub die skou in Oudtshoorn aanbied. Vanjaar het sowat vyftig modelvliegtuigentoesiaste van regoor Suid-Afrika ingeskryf.
Oudtshoorn se inwoners kan hierdie vliegtuie kom besigtig, wat presies soos die ware Jakob lyk.
Daar sal ook modelvegvliegtuie wees, wat nie nes die regte grootskaalse vliegtuie lyk nie, maar ook so klink.
Heerlike kosstalletjies sal iets te ete en te drink aanbied vir wanneer die hongergogga begin knaag.
Kom geniet die ervare boukuns van vlieëniers wat jare lank werk aan groot bouprojekte om dit te vertoon en ook vlugte te vlieg wat met ware replikavliegtuie vergelyk kan word.