Erfenisdag op treffende wyse gevier

Erfenisdag is verlede Vrydag op treffende wyse deur personeel van die Oudtshoorn landdroshof gevier. Die personeel was ingedeel in groepe wat die geskiedenis, kultuur en tradisies van die land se onderskeie bevolkingsgroepe uitgebeeld het.

Die verrigtinge is afgesluit met ’n heerlike braai. Foto: Garnett Wicomb