Deur Angelique Erasmus
SES mense is beseer, twee ernstig, in ’n ongeluk Saterdag net voor 24:00 in Volmoed .
Volgens Mornay Thysse van die Oudtshoorn Nooddienste het die motor se agterband gebars, waarna dit deur ’n plaashek, ’n watersloot en sluiswal is voordat dit in ’n sloot tot stilstand gekom het.
Die motor het sowat 10 meter deur die lug getrek.
Daar word vermoed dat daar sewe persone in die voertuig was en die bestuurder van die toneel verdwyn het kort nadat die ongeluk plaasgevind het.
Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur.