Man sê hy het net gespeel

Man voor vir seksuele aanranding (2)

Deur Garnett Wicomb
DIE verhoor van ’n 28-jarige man van Prins Albert wat daarvan aangekla word dat hy ’n 13-jarige meisie seksueel aangerand het, is in die Oudts­hoorn Streekhof vir verdere getuienis uitgestel.

Marchelle Tala word daarvan aangekla dat hy die meisie die aand van 4 Maart 2017 seksueel aangerand het. Hy ontken skuld.
Die kind se moeder het getuig dat Tala haar die volgende dag om verskoning gevra en gepleit het om die saak te los omdat hy dronk was en net met haar dogter gespeel het.

Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en word op 16 Augustus voortgesit.