’N MAN van Buffelsjachtsfontein in die Calitzdorp-distrik, wat tereg staan op ’n klagte van poging tot moord op ’n vrou wat aan hom bekend is, verskyn weer vandag in die Oudtshoorn Landdroshof.
Johannes Mattheus Saayman (55) word daarvan aangekla dat hy die vrou op 26 Junie 2021 naby die Calitzdorp sementpad met die vuis geslaan, getrap en gewurg het.
Hy erken in ’n beëdigde verklaring dat hy die vrou ken en sy by ’n vorige geleentheid ’n beskermingsbevel teen hom verkry het.
Landdros Vaughen Shone het sy borgtog van R5 000 asook sy borgvoorwaardes met sy vorige verskyning tot vandag verleng.
Hy mag nie kontak maak met die klaer nie, nie by verdere misdaad betrokke raak nie en wegbly van die klaer se huidige woonadres op Oudtshoorn. (Deur Garnett Wicomb)
Saayman weer vandag in die hof
