Saak teen Berry sloer steeds

DIE verhoor van die bestuurder van die motor waarin Marilize Nortier (18) op 22 September 2019 buite Oudtshoorn gesterf het, Sidney Berry (25), is ver­le­de Vrydag in die Oudtshoorn Landdroshof deur landdros Vaughn Shone tot 2 November uitgestel omdat Berry en sy regsverteenwoordiger in iso­lasie was. Berry staan tereg op klagtes van strafbare manslag, alternatiewelik roe­ke­lose of nalatige bestuur, en versuim om hulp by ’n ongelukstoneel te verleen.

Die motor waarin Nortier ’n passa­sier was, het die Kango Grotte-pad verlaat en in ’n watervoor beland. Nortier was in die voertuig vasgegordel toe dit ure later uit die water getrek is. Volgens ’n na­doodse ondersoek het sy verdrink. (Deur Garnett Wicomb)