Sms’e van lesers

■ Ek bly nou nie lank in De Rust nie, maar nooit het ek nog gesien besig­heids­mense kan so jaloers en afgunstig op mekaar wees nie. Almal vergeet gou waardeur hulle besigheid gegaan het met Covid. Ag nee, man, werk en staan saam… Hannelie

■ Ek sien iewers Oudtshoorniete kla oor die toestand van die sypaadjies voor hul blyplekke. Regtig? Voor jou eie blyplek? Jy is mos die naaste om daar skoon te maak of te vee of te hark of te plant of onkruid uit te trek of papiere op te tel…