Saak teen 65-jarigeman begin na verskeie uitstelle

Die verhoor van ’n 65-jarige man van die Warmbad-distrik naby Calitzdorp wat tereg staan op twee aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding van ’n veertienjarige meisie, het uiteindelik Vrydag in die Oudtshoorn streekhof begin nadat dit al verskeie kere uitgestel is.

Andries Grundling word daarvan aangekla dat hy in 2020 die klaer betas en gesoen het en by twee geleenthede in 2021 geslagsgemeenskap met haar gehad het.

Hy pleit onskuldig.

Die verhoor het Vrydag begin met die klaer wat deur middel van ’n tussenganger oor die voorvalle getuig het.

Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en Nadia Arnolds is die aanklaer. Lourens Swanepoel van die firma Coetzee en Van der Bergh verskyn namens die beskuldigde. (Deur Garnett Wicomb)