DIE saak teen ’n 60-jarige vrou van Oudtshoorn wat van poging tot moord op ’n 18-jarige meisie aangekla word, is Maandag in die Oudtshoorn landdroshof vir ’n streekhofbeslissing tot volgende jaar uitgestel.
Christina Johanna Boshoff het na bewering op 25 Augustus vanjaar ’n saal in die Mediclinic Klein Karoo op Oudtshoorn binnegegaan en ’n 18-jarige vroulike pasiënt met ’n skerp voorwerp op haar been en gesig gesny.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Polisie, het die verdagte glo die betrokke aand omstreeks 19:00 die pasiënt se saal binnegegaan.
Boshoff het op 30 Augustus vir die eerste keer in die hof verskyn en is toe op waarskuwing vrygelaat.
Die saak is deur landdros Ntombizandile Maseti tot 17 Januarie 2022 uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)