Rolspelers in veiligheid gesels

Die hoofsprekers van die vergadering is voor van links Patrick Blaauw, voorsitter van die GPF; sers Marius Pietersen, misdaadontledings-afdeling; Darryl Erasmus, “principal inspector” by die munisipale wetstoepassers; Ranger Grebe, projekbestuurder van die “Spiritual Intervention”-groep en lt-kol Tania du Plessis, operasionele ondersteuningsbevelvoerder van die Oudtshoorn Polisie. Agter is Johan Conradie, voorsitter van die AfriForum Oudtshoorn-tak; kol Soyiso Mantyi; ao Pieter du Plessis, Sektor 3-hoof; Deon Schutte, voorsitter van die “Spiritual Intervention”-groep en Fanie Erasmus, GPF-voorsitter van sektor 3. Foto: Stefan Skapie Goosen

ROLSPELERS in die veiligheid van veral Oudtshoorn se middedorp het Dinsdagaand in die Oudtshoorn Munisipaliteit se banketsaal vergader om oor pertinente kwessies van die dorp se veiligheid te gesels.

Die Sektor-3 vergadering het onder andere verteenwoordigers van die gemeenskap, die polisie, wetstoepassers, AfriForum en die “Spiritual Intervention”-groep die kans gegee om hul probleme rakende veiligheid in die dorp te uiter.

Volgens Darryl Erasmus, “principal inspector” by die munisipale wetstoepassers, is dit van kardinale belang dat die privaatsektor betrokke raak by veiligheid in die dorp.

Kol Soyiso Mantyi van die Oudtshoorn Polisie het beklemtoon dat misdadigers ten volle vervolg word en dat die polisie alles in hul mag doen om inwoners se veiligheid te verseker.

Die vergadering is deur die Gemeenskapspolisieringsforum (GPF) saamgeroep. (Deur Stefan Skapie Goosen)