Oudtshoorn se Bruce Snyman (in die rolstoel) en van die rofstoeiers voor die afgelope Saterdag se Legend of Legends-rofstoeitoernooi op Oudtshoorn waarmee geld ingesamel is vir Snyman se mediese koste. Snyman is ’n oud-stoeikampioen van Suid-Afrika en was ook bekend as die rofstoeier Big Bad Bruce. Hier is Dirty Angel (in swart) besig om Snyman die leviete voor te lees! Onder die 11 rofstoeiers wat vir groot vermaak gesorg het, was ook Ratel (links) asook Ananzi en Blacksmith. ’n Nog groter toernooi op Oudtshoorn word vir Oktober beoog. Snyman het almal bedank wat by die dag betrokke was. Foto: Angelique Erasmus