Dr Frik de Jager (2de van regs), wat twee jaar gelede sy praktyk in Oudtshoorn gevestig het en hoofsaaklik op katarak/lens vervanging en gloukoom chirurgie fokus, doen nou ook retinale chirurgie by Mediclinic Klein Karoo, in samewerking met Dr Johannes Meyer van George Surgical Centre.
Dis ’n subspesialiteit van oogheelkunde (oftalmologie) wat nou ook in Oudtshoorn beskikbaar is. Op die foto is die span wat in Julie die retinale prosedures suksesvol gedoen het met die Carl Zeiss mikroskoop.
Retinale chirurgie nou ook by Mediclinic Klein Karoo
Foto verskaf.