Raubenheimerdam loop oor, ander damme lyk goed

Bo: Die uitloop onder die damwal. Foto’s verskaf Onder: Die oorlooptoring in die Raubenhemerdam vanwaar dit deur ʼn tonnel na dam se uitloop vervoer word.
default

Met die afgelope week se reën het die Raubenheimerdam wat op 94% was, gister begin oorloop.

Volgens die munisipaliteit was die reënval teen Dinsdag 9 Junie ongeveer 30 mm by die Kango Bergoord en reënval in die dam se opvangsgebied was heelwat hoër.

Daar het ook goeie reën in die opvangsgebied van die Grobbelaarsrivier geval wat Dinsdag tot die sluiting van sommige strate met laagwaterbrûe gelei het. Volgens Chris Swart, senior bestuurder van water en sanitasie, is waterverbruik tans matig aangesien mense nie tuine natmaak nie, verdam-ping laer is en daar sal ook nie landbouwater tot Desember 2025 losgelaat word nie.

Teen Donderdag was die Stompdriftdam (77%) onveranderd en water het by die Kammanassiedam (78%) begin invloei. Volgens Charl van der Merwe van die Stompdrift Kamanassie Watergebruikers vereniging (SKWGV) het die twee damme tans genoeg water om loslatingskwotas vir landbou tot Augustus 2026 moontlik te maak. (HANNES VISSER)