Raubenheimerdam, 7 Oktober 2019

Dié foto wat op 7 Oktober van die Raubenheimerdam geneem is, toon duidelik hoe die watervlak gesak het. Die fotograaf, DA Vink, skryf soos volg aan Die Hoorn: “Dit lyk nie of mense in die dorp regtig bewus is … of omgee dat ons nie baie water het nie. Sover ek weet, is daar ’n groot persentasie van die Raubenheimerdam se water wat nie bruikbaar is nie. Veral ouer mense gooi nog paar keer ’n week tuine nat met kraanwater. Ons moet meer spaar. Dis jammer van die tuine en bome wat doodgaan, maar wat as ons nie meer water in ons krane gaan hê nie?