DIE verhoor van ’n egpaar van Oudtshoorn wat hulle na bewering met staats-tenders verryk en begunstigdes benadeel het, is Vrydag in die streekhof op Oudtshoorn tot volgende week uitgestel vir ’n nuwe regsverteenwoordiger om op rekord te kom.
Marthinus en Johanna Rabie se regsverteenwoordiger, Gideon Badenhorst, het die hof meegedeel dat sy mandaat deur die beskuldigdes be-ëindig is.
Die staat beweer dat Marthinus Rabie, ’n voormalige tegnikus in diens van die Wes-Kaapse Departement van Landbou by die Oudtshoorn Proefplaas, sy vrou se twee beslote korporasies, Attaqua en Gwaiing Ontwik- kelings, tussen 2006 en 2008 bevoordeel het met die toekenning van tenders.
Miljoene rande is by die saak betrokke. Die saak is voorlopig deur streeklanddros Daniel Boks vir verdere verhoor tot 9 Oktober 2020 uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)