Briewe van lesers

Gevaarlike ­aantygings

Hierdie brief is aan die me­vrou van De Rust wat op 20 Augustus 2020 voor ons huis op my man geskree het en valse aantygings gemaak het: dat ons die wilde katte gif ingee en dat sy my man met haar kaal hande sal vermoor.

Volgens haar inligtingsbron is dit “Julius en Santa wat die katte gif ingee”.
Ek wonder waarom sy dan nie die polisie genader het en ’n lasbrief gebring het om die perseel te deursoek vir die “gif” nie?

Hierdie is gevaarlike aantygings, Mevrou – vir jou en jou inligtingsbron.
– Santa, De Rust