R2,5 miljoen vir pyplyn

DIE Tuinroete Distriksmunisipaliteit het sy verbintenis tot die ontwikkeling van die Klein Karoo-ekonomie herbevestig toe die raad R2 520 000 goedgekeur het vir ’n pyplyn wat water vanaf boorgate naby Calitzdorp vir die verbouing van uitvoergranate beskikbaar sal stel.

Die Distriksmunisipaliteit het eers R600000 befonds vir ’n waterstudie in die omgewing, met die lê van die pyplyn wat daaruit gespruit het.

Navorsing dui aan dat granate 6000 m³ water per hektaar benodig. Dit is 2,5 keer minder as amandels en sowat 2,8 keer minder as lusern. Hoewel granaatboerdery nog ’n jong bedryf in Suid-Afrika en die Suidelike Halfrond is, dui studies aan dat Kannaland en Oudtshoorn die beste mikroklimaat vir granate in die suidelike deel van Afrika het.

Volgens Memory Booysen, uitvoerende burgemeester van die distriksmunisipaliteit, word ’n agri-dorpie met 600 huise vir lede van die gemeenskap as deel van die projek in die vooruitsig gestel, terwyl 1800 permanente werksgeleenthede en 2000 seisoenale werksgeleenthede na verwagting geskep sal word. Daar word ook voorsien dat die inisiatief agri-toerisme na die Klein Karoo sal bevorder.

Die projek maak ook deel uit van die Joint District Metro Approach (JDMA) wat daarna streef dat al drie sfere van regering – nasionaal, provinsiaal en plaaslik – saamwerk tot voordeel van doeltreffende dienslewering en ontwikkelingsprogramme.

3 Comments on "R2,5 miljoen vir pyplyn"

  1. Herman Mathee | 09/14/2021 at 10:53 |

    Weet die Raad dat Meyer geen water vir sy granate het, sy enigste oogmerk is om sy boerdery te red, niks anders!

  2. Willem Baartman | 09/13/2021 at 21:50 |

    Hierdie projek kan net tot voordeel van die inwonets van Kannaland wees. In die Langverwaght omgewing is reeds n granate plaas wat redelik baie werk skep met meer ondersteuning kan hulle net meer mense in diens neem. Hoe raak die Blossems water projek die beoogde projek? Die Blossems projek kan moontlik ondersteuning bied aan die landelike waterskema na Calitzdorp. Ons ondervind soms probleme met water by diechuidige landelike wsterskema
    Sterkte en voorspoed met die beplande water projekte.

  3. Hoop van harte dat Calitzdorp inwoners eerste geleenthede sal kry vir werk en behuising. Hier is so baie werkloses.

Comments are closed.