Potte het geprut by Eljada-Kairosskool

Die wenspan, Grondpad, wat die potjiekos-kompetisie by Eljada-Kairos skool verlede Saterdag, 2 September gewen het, saam met hul pryse wat deur besighede in die dorp geborg is. Foto: Lindi Brill Onder: Sakresies, tydens Eljada-Kairos se potjiekos-kompetisie, het gesorg vir groot pret en vermaak. Foto: Lindi Brill

ELJADA-Kairos skool se potjiekos-kompetisie het verlede Saterdag gesorg vir groot opwinding.

Die dag het ook boeresport ingesluit vir oud en jonk.

Die volwassenes se sakspring pogings was die hoogtepunt van die dag, en groot vermaak vir almal. 14 Spanne het aan die potjiekos-kompetisie deelgeneem en die deelnemers se potte het behoorlik geprut.

Die beoordelaars was Hennie Baardman, Eljada-Kairos se skoolhoof, Suzette Smit en Gerbrandt van Deventer, ’n plaaslike restaurant eienaar.

Die wenpot was die pot van die Grondpadspan, met hul pragtige voorlegging en heerlike lamsboudpot.

Daar was ook heelwat gelukkige trekkings en ’n veiling, waarvan die opbrengs aan die skool gegaan het as deel van hul fondsinsameling. (Deur Lindi Brill)