Work 4 a living praat oor nuwe geleenthede vir werklose mense by die Besigheidskamer se netwerkaand

Die Besigheidskamer netwerkaand het verlede Donderdag, 31 Augustus by Oudtshoorn Gholfklub plaasgevind. Die borge vir die aand was Alert Patrol. Die gassprekers vir die aand was Rico Koen van Work 4 a living, ’n NWO (NPO)wat werklose mense oplei, asook Leon Coetzee, die president van die diensorganisasie Rotariërs in Oudtshoorn. Op die foto van links na regs is Helene Badenhorst (ondervoorsitter Oudtshoorn Besigheidskamer), Rico Koen (Work 4 a living), Leon Coetzee (Rotariërs) en Abri Ferreira (voorsitter Oudtshoorn Besigheids-kamer). Foto: Lindi Brill