Die Irma Bruschi Interim-huis op George het voorverlede week ’n geskenkbewys vir kruideniersware van PostNet Oudtshoorn ontvang.
Die geskenkbewys is deur Japie Coetzee, oud-raadslid en bekende inwoner van Oudtshoorn namens die instansie ontvang.
Coetzee is reeds etlike jare betrokke by die Irma Bruschi-huis op George wat verblyf bied aan kankerpasiënte van Oudtshoorn en ander buurdorpe tydens hul behandeling.
Coetzee het by die interim-huis betrokke geraak toe sy vrou, Jane, voor haar dood in 2020 daar oorgebly het en is sedertdien toegewyd om fondse en kruideniersware vir die huis in te samel.
Tydens die oorhandiging het Liesel le Roux, mede-eienaar van Postnet Oudtshoorn, gesê: “Dit is vir ons ’n voorreg om ’n instansie te ondersteun wat ’n groot verskil in mense se lewens maak.”
PostNet gee skenking aan huis vir kanker-pasiënte
Weerskante van Japie Coetzee is Marli van der Westhuizen, personeellid van PostNet en Liesel le Roux (regs) mede- eienaar. Foto verskaf.