LEDE van Oudtshoorn se K9-eenheid het ’n 18-jarige man van die dorp verlede Vrydag (21 Februarie) met die hulp van ’n dwelmhond in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.
Die dwelmhond het volgens sers Gretchen Michaels, polisie-woordvoerder, ’n woning in Thabo Mbeki Square deursoek en 186 Mandrax-pille asook twee halwe Mandrax-pille in ’n hangkas gevind.
Die straatwaarde van die Mandrax-pille word beraam op sowat R8 000.
Die man het Maandag (24 Februarie) in die landdroshof op Oudtshoorn verskyn.
Brig Levona Januari, stasiebe-velvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het haar dank teenoor die lede uitgespreek vir dié inhegtenisname.