Polisie vereer lede met medaljes

Lede van die Oudtshoorn Polisie tydens die medalje parade wat verlede Woensdag 4 Oktober by Oudtshoorn se SAPD Akademie gehou is. Foto verskaf

Die Tuinroete Distrik, in samewerking met die Sentraal Karoo en die SAPD Akademie in Oudtshoorn, het op Woensdag, 4 Oktober 2023 ‘n medalje parade in Oudtshoorn gehou om erkenning aan hul lede te gee.

Die distrikskommissaris, Generaal-Majoor Norman Modishana, senior polisiebestuurslede van aangrensende distrikte en die uitvoerende burgemeester van die distriksmunisipaliteit, raadslid Memory Booysen het die geleentheid bygewoon.

In totaal is 109 medaljes uitgedeel. Hulle het medaljes ontvang vir 10, 20 of 30 jaar diens.

Modishana het die lede gelukgewens met hul buitengewone prestasies en almal herinner aan die belangrike rol wat die polisie speel in die samelewing.

Hy het ook ’n terugblik gedoen op die suksesse wat lede behaal het in die streek gedurende die afgelope jaar.

Die Wes-Kaapse polisie-orkes en die Tuinroete-drilpeloton het ook opgetree. (Deur Lindi Brill)