
Die Infanterieskool in Oudtshoorn het Vrydag, 6 Oktober 2023, hul Vryheid van die Stad-parade deur die strate van Oudtshoorn gehou.
Hierdie parade was deel van die infanterieskool se 60ste verjaardagvieringe. Die Infanterieskool het op 6 Oktober 1964 tot stand gekom.
Die parade het die weermag se orkes, troepe wat mars en verskeie weermagvoertuie soos motorfietse, kaspirs en selfs hul eie branddweerwa ingesluit.
Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Chris Macpherson het die troepe en publiek toegspreek en gelukgewens.
Daarna het die hele papade deur Baron van Reedestraat, Langenhovenweg en toe in Hoogstraat afgemars.
Die vieringe het ook ’n wapendemonstrasie ingesluit wat op Saterdag, 7 Oktober gehou is op die weermagterrein op die Calitzdorp-pad.
Die weermagveterane (MOTH-klub) het ook kom deel in die verjaardagvieringe en het die naweek afgesluit met ’n kerkdiens die Sondag, gelei deur Tony van Sittert. (Deur Lindi Brill)