Pizza-fees tref Oudtshoorn

Die vegetariese pizza. Foto Angelique Erasmus

Die lekkerste, ligste pizzabasis sorgvuldig tuisgemaak, sagte kaas, met ’n verskeidenheid vegetariese en vleisvulsels om die mond te laat water.

Dit is wat Oudtshoorniete een van die dae kan bestel en op die proef stel.

Die Hoorn was gelukkig om ver-lede week by The Messy Raven met ’n “sneak peak” bederf te word en ons kan nie wag om te bestel nie.

Die Pizzas sal slegs as wegneemetes beskikbaar wees, maar die details is vir eers ’n geheim.

Hou die koerant asook sosiale media dop vir meer inligting oor die nuwe besonderse besigheid wat een van die dae sy deure gaan oopmaak. (ANGELIQUE ERASMUS)