Pastoor sit vir 54 jaar

DIE voormalige pastoor Stephanus Olivier (60) is gister Woensdag (3 November) in die Oudts­hoorn Streek­hof effektiewelik deur landdros Daniel Boks tot 54 jaar tronkstraf gevonnis.

Olivier is op 6 Mei skuldig bevind op drie klagtes van verkragting, vier van seksuele aanranding en 26 van die besit van kinderpornografie. “Dis gruwelike dade is afskuwelik met le­wenslange gevangenisstraf ter sprake,” het Boks gesê.

Olivier is tot ’n totaal van 59 jaar gevonnis, waarvan vyf jaar samelopend met een van die vonnisse uitgedien sal word.

Sy naam is ook opgeneem in die nasionale register vir seksoortreders en hy is onbevoeg ver­klaar om ’n vuurwapen te besit.

Olivier, wat ook ’n voormalige werknemer van die Oudtshoorn Munisipaliteit is, het tydens die verhoor alle getuienis teen hom as vals, absurd en belaglik af­gemaak en volgehou dat net hy die waarheid praat. (Deur Garnett Wicomb)