Pa en seun aangekla van moord

DIE saak teen ’n pa en seun van Oudtshoorn wat van moord aangekla word, is as gevolg van beurtkrag in die streekhof uitgestel tot 15 Februarie.

Die 64-jarige Koos Stuurman, wat 28 vorige veroordelings het, staan saam met sy 20-jarige seun, Stilero Roman, tereg op ’n klagte van moord op die 23-jarige John-Lee Johnson.

Johnson is op 30 Oktober 2021 in ’n winkel in Dassieweg, Bridgton, deur Roman met ’n mes in die nek gesteek nadat sy pa na bewe-ring vir hom ’n mes gegee het en aangesê het om die oorledene te gaan doodsteek nadat hulle die vorige aand in ’n stryery betrokke was. Stuurman het met sy borgaansoek aangevoer dat hy ’n nuwe blaadjie omgeslaan het en vorentoe kyk. Stuurman bly in aanhouding terwyl sy seun op borg is. (Deur Garnett Wicomb)