Oudtshoorn Round Table vereer “41’ers”

Die Oudtshoorn-tak van die wêreldbekende Round Table organisasie het onlangs hul “41’ers” vereer met ’n samekoms by hul klubhuis op Oudtshoorn. Hier van links is Gernes Claassen (41’er), Pierre Nel (41’er), Daniel Smuts (huidige voorsitter), Hannes Westenraad (41’er), EP Du Plessis (41’er), Louis Slabbert (41’er), Meiring Ellis (41’er), Werner Tome (41’er), Laurie Boshoff (41’er), Hugo Van Der Berg (41’er), Glen Carlisle (41’er), en Mario Marais (visevoorsitter Oudtshoorn, en Suid-Kaap areavoorsitter). Lidmaatskap by die Round Table word beperk tot mense wat 40 jaar oud en jonger is, dus val ouer voormalige lede onder die “41’ers”, en raak hulle tot ’n mindere mate deel van die organisasie. Daar is tog by die funksie erkenning gegee aan hoe belangrik hierdie 41’ers vir die organisasie was, en steeds is. Foto: Stefan Skapie Goosen