Deur Liesel le Roux
DAAR is goeie nuus vir padgebruikers met opgradering en bouwerk aan die paaie om Oudtshoorn wat stadig maar seker voltooiing nader.
Volgens Jandré Bakker, hoof van kommunikasie by die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke, behoort bouwerk aan die Oudtshoorn-George-projek teen middel Desember voltooi te wees, terwyl die Oudtshoorn-De Rust-pad se af-handeling steeds Maart 2020 is.
Volgens Bakker is die voltooiingsdatum van die Oudtshoorn-George-pad 25 November 2019, maar is daar afrondingswerk wat daarna gedoen sal word. Dié werk sal voor die jaareindafsluiting middel Desember afgehandel word.
“Die herseëling en hulpbaankonstruksie is voltooi. Ons is tans besig met dreinering en twee brugverwante konstruksies. Die installering van padtekens en padmerke is geskeduleer om binnekort te begin.”