Broers wat glo roof weer in hof

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen twee broers van Oudts­hoorn wat aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is en gevonnis moet word, is weer verlede week in die Oudtshoorn streekhof uitgestel; dié keer omdat hul regsverteenwoordiger nie by die hof kon wees nie.

Terrance en Clint Draai is daaraan skul­dig bevind dat hulle ’n man met ’n mes gedreig en van ’n vetkoek, sel­foon, R20 kontant en sy ID-dokument beroof het.

Clint Draai het ont­ken dat hy op die toneel was en eers in die hof van die beweerde voorval gehoor het. Hy dien tans ’n vonnis van ses jaar uit vir ’n ander misdaad.

Terrance Draai het beswaar aangeteken teen die hofprosedure tydens die uitspraak, waarna die saak na die hoogge­regshof verwys is vir hersiening.

Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en is Dinsdag tot 2 Desember 2019 uitgestel.