Oudtshoorn Diereherberg projek in wording

Links: Planne vir ODH se nuwe perseel.

DIE Oudtshoorn Diereherberg (ODH) is opgewonde oor hul nuwe perseel, op die Rooiheuwelpad, buite Oudtshoorn, wat in wording is. Die nuwe terrein is skuins oorkant die munisipale skut op ’n stuk grond wat deur ’n plaaslike boer aan die organisasie beskikbaar gestel is.

Om mee te begin beoog die ODH om sowat 17 hokke op te sit.

ODH wil graag plaaslike besighede nader wat betrokke wil raak by die projek deur middel van skenkings van verskeie boumateriale of finansiële bydraes om die materiaal te koop wat benodig word.

Van die materiaal sluit in 3,6 m sinkplate, verf, dakskroewe, houtpale, sement, slotte vir hekke, draad vir omheining, bakstene, watertenke en ’n septiese-tenk.

In ruil vir die skenkings kan besighede ook advertensiespasie kry op die hokke en heining.

Kontak gerus vir Ansa De Jager van die diereherberg by 072 070 5977 om betrokke te raak. (Deur Angelique Erasmus)