Oud-Struisie behaal besonderse prestasie

’n Oud-leerder van Hoërskool Oudtshoorn, Marlezanne Barnard, het verlede jaar ’n besonderse prestasie behaal toe sy deur die Afrikaans-Nederlandse Departement van die Universiteit van Stellenbosch gekies is om die somerskool in Ghent, België, by te woon.

Sy is tans besig met haar Honneurs in Afrikaans-Nederlandse Tale. Barnard is die kleinkind van Danie en Susan Grundling van Grundheim. Foto: Verskaf