Hierdie gevaarlike voertuig is die Rogue Rat Rod, gebou deur Rat Rods for Africa, en het Saterdag (29 Mei) in Calitzdorp se hoofstraat gestaan, soos vele ander voerĀtuie wat regoor die dorp as deel van die Klein Karoo Classic Car and Bike Festival te sien was. Duidelik opgekap en aanmekaar gesit soos ān wafferse āFrankensteinās Monsterā is die Rogue Rat Rod deels ān 1955 Commer Superpoise-bakkie, en deels Chevrolet. Die bakwerk self is ān opgekapte en gesnyde Commer-bakkie, terwyl die voertuig se krag gelewer word deur ān 1976 4.1-liter ses-silinder Chevrolet-enjin. Die dak self is 160 mm verlaag, en die ratkas is ān herboude āturbo 350 automaticā. Hierdie ārat rodā het selfs ān geweer (wat nie werk nie) en spinnekop-met-spinnerak-versiering om visueel ān groter impak te lewer! Fotoās: Stefan Skapie Goosen
Ou motors in kollig by Klein Karoo Classic Car & Bike Festival
Bo en onder: Van die ander klasĀsieke voertuie wat tydens die Klein Karoo Classic Car and Bike Festival in Calitzdorp se strate geparkeer was.