Die Hoorn is opgewonde oor ons twee nuwe mediavennote, Eden FM en Opi Kasie.
Eden FM vermaak inwoners weekliks op die radiogolwe regoor die Suid-Kaap, met lekker musiek, programme wat bemagtig, inlig en opvoed. Eden FM is reeds vanaf 2007 op die lug, en saai uit in Swellendam, Riversdal, Mosselbaai, George, Oudtshoorn en Knysna sowel as die kleiner dorpies in die omgewing. Hul het ongeveer 300 000 luisteraars per week.
Opi Kasie, is ’n aanlynplatvorm wat deur Oudts-hoorn bekende Danny B op die been gebring is.
Hier word mense bemoedig, stories vertel en gepraat van die goedheid van die Here. Hulle adverteer ook besighede en organisasies op die platvorm. “Vir onse eie mense” is hul leuse.
Die vennootskap dek die drie hoof media- strome, gedrukte media, uitsaai en televisie. Saam kan die drie vennote die gemeenskap beter dien, meer stories inwin en blootstelling gee aan kwessies wat aandag kort.
Dit sluit in positiewe stories van groei en persoonlike oorwinning. Hou gerus almal se Facebook-bladsye dop, daar lê nog groter en opwindende nuus voor.
Opwindende nuwe media vennootskap
Bo: Danny B Manuel van Opi Kasie, Gerda Tait, Morne Pietersen en Juline Makier van Eden FM, saam met Angelique Erasmus van Die Hoorn. Saam dek die vennootskap die drie hoof mediastrome, soos gedrukte-, uitsaai- en televisiemedia. Ons sien uit daarna om saam te werk en ook die gemeenskap te dien. Foto: Lindi Brill