INWONERS moet op die uitkyk wees vir verdagte mense in die omgewing wanneer hulle hekke by hul huise met ’n afstandbeheerder oop- of toemaak, waarsku sers Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder op Oudtshoorn.
Michaels het op ’n navraag van Die Hoorn gereageer nadat iemand op ’n WhatsApp-groep vir inwoners van een van die dorp se woonbuurte gewaarsku het teen mense wat ’n soort kloningstoestel gebruik wanneer jy jou hek oopmaak. Hulle verander dan klaarblyklik die hekkode sodat jy nie kan in- of uitgaan nie. Hulle kan egter dan toegang tot jou erf kry wanneer jy nie daar is nie of slaap.
Michaels sê dit is inderdaad so dat die polisie klagtes van mense ontvang dat hul afstandbeheerders skielik nie meer werk nie. (Deur Liesel le Roux)
Oppas wanneer jy jou hek met ’n afstand beheerder oopmaak
Julio Booysen van Oudtshoorn tydens 'n soortgelyke kursus. Foto verskaf