Gift of Givers kom help op Oudtshoorn

Gift of the Givers het Oudtshoorn verlede week Woensdag (24 Februarie) besoek om kospakkies uit te deel aan inwoners wat hulle werk tydens die pandemie verloor het. Hulle het onder meer ’n skooltjie in Schoemanshoek besoek waar hulle kruideniersware, reiniger, maskers en skryfbehoeftes aan die skooltjie oorhandig het. Hier is ao Leilah Claassen, sers Jan Combrinck en sers Jacinda April saam met Edwil Jantjies van Gift of the Givers. Foto verskaf