Oudtshoorn se Veediefstaleenheid het op Woensdag, 12 Augustus, tydens Agri Wes-Kaap se kongresdinee by Goudini Spa naby Rawsonville besondere erkenning ontvang toe die eenheid as die beste veediefstaleenheid in die Wes-Kaap aangewys is.
Daarby is adjudant-offisier Nick Cremer van Oudtshoorn as die beste veediefstalslid in die Wes-Kaap aangewys – ’n besondere erkenning vir sy toewyding, professionele optrede en diens aan boere en die breër landbougemeenskap.
AfriForum se Oudtshoorn-tak het die eenheid en Cremer met hul prestasie gelukgewens.
Die toekennings is oorhandig tydens Agri Wes-Kaap se kongresdinee, waar vanjaar se tema, “Standvastig in ’n veranderde wêreld”, die uitdagings waarmee die landbousektor die afgelope jaar te kampe gehad het, weerspieël het.
Villiers Loubser, voorsitter van Agri Wes-Kaap, het onder meer verwys na droogtes, brande, vloede, stygende insetkoste en die bek-en-klouseerkrisis wat die landbousektor die afgelope jaar onder groot druk geplaas het. (ANGELIQUE ERASMUS)
Oudtshoorn se veediefstalspan die beste in die Wes-Kaap
Foto: Unsplash (Jonothan Borba)
Be the first to comment on "Oudtshoorn se veediefstalspan die beste in die Wes-Kaap"