Opname van kragmeters tans op Oudtshoorn gedoen

DIE Groter Oudtshoorn Munisipalitet het ’n diensverskaffer, Mubesko Africa, aan­gestel om ’n oudit by alle huishoudings van alle elektrisiteitsmeters in die munisipale gebied te doen.

Die oudit van elektrisiteitsmeters het op 26 April afgeskop en behoort teen 31 Mei afgehandel te wees.

Tydens die oudit besoek werknemers van Mu­besko huishoudings en moet hulle die perseel betree om inligting te bekom oor die elektrisiteitsmeter/-bord.

Die oudit sluit alle koopkrag- en ander meters in.

Personeel van die diensverskaffer sal in besit wees van identifikasiekaartjies asook die nodige dokumentasie wat hulle toestemming gee om die werk vir die munisipaliteit te verrig.

Die munisipaliteit het inwoners versoek om mense wat namens Mubesko by hul huise aankom, ter wille van hul veiligheid te vra vir identifikasie. (Deur Heinrich Bosman)