MET die nuwe munisipale boekjaar wat landwyd op 1 Julie in werking tree, geld die hoër tariewe vanaf die begin van die maand.
Begin dadelik bespaar op jou elektrisiteit- en watergebruik, sodat jy nie ’n onverwagte skok kry as jy in Augustusmaand jou munisipale rekening ontvang nie.
Diegene met koopkragmeters het reeds agterkom dat hulle sedert die begin van die maand heelwat minder eenhede kry vir dieselfde geld wat hul voorheen betaal het vir elektrisiteit. Verbruikers wat koopwatermeters het, gaan ook nou al agterkom dat hulle minder water gaan kry as voorheen.
Verbruikers wat nog elektrisiteit en water saam met hul erfbelasting op hul rekening kry, moet voorsiening maak dat Augustus hulle heelwat meer uit die sak gaan jaag.
In die tabel hiernaas is ’n vergely-king van die basiese tariewe tussen 2020/2021 & 2021/2022. BTW is op die tabel uitgesluit.
Voor die verhogings het R1 000 vir jou 462,53 eenhede koopkrag gekoop. Na die verhoging gaan jy net 402,58 eenhede daarvoor kan koop. (Deur Heinrich Bosman)
Onthou! Nuwe, hoër munisipale tariewe geld reeds sedert 1 Julie
