Moedersdag word nie oral die tweede Sondag in Mei soos in Suid-Afrika die VSA en Australië gevier nie.
In Meksiko is Moedersdag, wat altyd op 10 Mei gevier word, die besigste dag van die jaar vir restaurante.
In Egipte en ander Arabiese lande word dit op 21 Maart, die eerste dag van die lente gevier, en in Thailand saam met hul koningin Sirikit se verjaarsdag op 12 Augustus met seremonies, straatversierings en optogte.
In die VSA en Australië dra mense dikwels angeliere op Moedersdag – ’n gekleurde een as jou ma nog leef en ’n witte as sy reeds oorlede is. (www.timeanddate.com; www.mothersdaycelebration.com)
Onthou Moedersdag – Sondag, 11 Mei
Angeliere is altyd gewild op Moedersdag.