Internasionale verpleegstersdag word weer wêreldwyd gevier op 12 Mei, om die verjaardag van een van die bekendste verpleegsters van alle tye, Florence Nightingale, te herdenk.
Op Verpleegstersdag word verpleegsters wêreldwyd bedank vir alles wat hulle doen vir diegene wat siek en verswak is.
Volgens dr Marie-Paule Kieny, assistent-direkteur-generaal: Health Systems and Innovation, WHO (WHO & Wêreldbank 2022), het die wêreld se benadeelde bevolkingsgroepe ’n tekort aan die mees basiese gesondheidsdienste. Gesondheidsbeleid en -programme moet derhalwe daarop fokus om ook kwaliteit-gesondheidsdienste te lewer aan die armste mense, vroue en kinders, asook mense wat in plattelandse gebiede bly en deel vorm van minderheidsgroepe.
Wanneer daar na verpleegsters verwys word, dink meeste mense slegs aan hospitaalpersoneel, terwyl daar baie besighede, instellings, organisasies, tehuise en klinieke is wat verpleegsters, assistent-verpleegsters, versorgers en tuisversorgers in diens neem om gesondheidsdienste aan mense in nood te bied. Dit is ook die geval in die Klein Karoo.
Die nuutste verslae dui op aansienlike tekorte in verskeie verpleegkategorieë, insluitend professionele verpleegsters, verpleeg-assistente en primêre gesondheidsorgverpleegkundiges. Daar is slegs 4 315 uit 52 411 vakante poste deur totale professionele verpleegsterposte gevul.
Kollig op verpleegsters: Internasionale Verpleegstersdag – 12 Mei 2025
Florence Nightingale. Foto: Wikipedia