Ons het geskrik vir die donderweer! Ons soek ons eienaars…

Hierdie arme diere het Vrydagaand (11 Maart) só erg vir die donderweer en blitse wat Oudtshoorn getref het geskrik, dat hulle uit hul onderskeie huise of erwe ontsnap het. Hulle is, van links, in die volgende strate rondom Oudtshoorn gevind: Adderleystraat, Arnold de Jager Rylaan en Langenhovenweg. Volgens Magda Davel van die Munisipale Skut is die diere tans veilig by die Skut se perseel langs die rioolaanleg, en kan inwoners hul honde daar kom afhaal. Bewys van eienaarskap is van kardinale belang, sê sy. (Foto’s verskaf)