HY is baie verlig om terug te wees as raadslid van Saamstaan op Oudtshoorn, het Mlandeli Nyuka gister gesê.
Nyuka is middel Mei as raadslid van Saamstaan verwyder na interne struwelinge binne die party, maar die Verkiesingshof het Dinsdag beslis dat Nyuka steeds die party se raadslid is.
Nyuka is Woensdag tydens ’n raadsvergadering terugverwelkom as raadslid. Hy het kort daarna die DA en hul koalisievennote ondersteun deur vir Anel Berry te stem as nuwe hoofsweep van die raad. (Deur Liesel le Roux)
Nyuka keer terug as raadslid
