Saam met die goeie nuus van die gratis koerant, kom daar egter ’n tikkie hartseer.
Lindi Brill, joernalis van Die Hoorn en ’n bekende gesig by ongelukke en sportgeleenthede, verlaat die koerant aan die einde van November.
Lindi en haar gesin verhuis na Ermelo om by haar man, Francois Brill, aan te sluit.
Francois is vroeër vanjaar by ’n motorhandelaar in Ermelo aangestel.
Lindi het van Oktober 2022 by die span aangesluit as bemarker, en is later na die pos van joernalis bevorder.
Sy stap al vir twee jaar ’n pad saam met die huidige eienaars.
“Ons gaan Lindi se video’s, haar positiewe gesindheid en oog en oor vir ’n lekker storie baie mis,” vertel haar mede-kollegas.
Lindi laat diep spore in Oudtshoorn, en ons wens haar en haar gesin sterkte toe vir die toekoms in Mpumalanga.
Nuwe weivelde wink vir Lindi Brill
Lindi hou die eerste uitgawe vas, waarvan sy ook deel was, toe die koerant deur die Erasmus egpaar oorgekoop is.
Foto: Hannes Visser