Die Hoorn nou gratis

Jaco en Angelique Erasmus, het Die Hoorn op 1 November 2022 by Schalk en Liesel le Roux gekoop. Foto: Lindi Brill

Vandag, 1 November, is Die Hoorn presies twee jaar onder nuwe eienaarskap.

Die eienaars, Jaco en Angelique Erasmus, het die koerant in 2022 by Schalk en Liesel le Roux gekoop.

Met lewenskoste wat duurder raak en al hoe meer sosiale platforms waar mense ongeverifieerde nuus “gratis” kan kry, is daar besluit om Die Hoorn voortaan gratis aan die gemeenskap te versprei.

Die Hoorn is tans die enigste onafhanklike weeklikse gemeenskapskoerant in die Klein Karoo en inderdaad ’n koerant uit die gemeenskap vir die gemeenskap.

Dit is vir Die Hoorn belangrik dat die gemeenskap toegang het tot plaaslike en feitlike nuus en met ’n gratis koerant kan ’n baie groter lesersgemeenskap bereik word.

Dit is ook uitstekende nuus vir adverteerders, want nou word verspreiding nie deur verkoopsyfers bepaal soos met betaalde koerante nie. Elke koerant wat gedruk word, kan nou gelees word.

Die Hoorn sal steeds aan al die winkels versprei word waar dit altyd beskikbaar was, maar daar sal waarskynlik ’n hele aantal nuwe afsetpunte wat organisasies sal insluit, bygevoeg word.

“Die Hoorn bestaan reeds 23 jaar. Die eerste uitgawe het op 25 Januarie 2001 verskyn.

Om Die Hoorn gratis beskikbaar te maak, is ons manier om vir die lesers, die adverteerders en die nuusmakers, dankie te sê vir die afgelope 23 jaar en 9 maande se goeie ondersteuning,” sê Angelique Erasmus.

Vir enige navrae of nuusgebeure skakel gerus vir Hannes Visser (083 467 1522) of Angelique Erasmus (076 606 2554). Om uit te vind watter opwindende advertensie-moontlikhede beskikbaar is skakel Elizabeth Iverach by 082 472 6770. (HANNES VISSER)

Kry jou gratis Die Hoorn hier:

Oudtshoorn:

  • Pick n Pay
  • Checkers
  • Oudtshoorn Spar
  • Klein Karoo Spar
  • Wilck Spar
  • Shoprite
  • PNA
  • Klein Karoo Agri
  • Camp Roadhouse
  • Millies Superette
  • Amazing Pie’s
  • Bridgton Fisheries
  • Albaraka
  • Uitgesoekte kiosks
  • Verskeie plaaslike Kafee’s

De Rust:

  • Karoo Hartland
    Supermark
  • Herrie’s

Calitzdorp:

  • OK Grocer

Ladismith:

  • Ladismith Spar