Nuwe staatsveearts spring in met ACT sterilisasie-veldtog
Dr Hans Britz (links), nuwe staatsveearts op Oudtshoorn, help Dinsdag (22 Maart) met die Animal Care Team (ACT) se sterilisasie-veldtog, bygestaan deur die organisasie se Elmarie Swiegers. Britz, wat op 1 Maart begin het, het reeds in sy kort tyd hier byna 50 diere deur hierdie veldtog gesteriliseer. Swie-gers sê hierdie veldtog word heeltemal deur ACT gefinansier, en is slegs gemik op SASSA- en broodlyninkomste-huishoudings. Daarvoor het dié nie-winsgewende organisasie inwoners se hulp nodig. Sterilisasies word slegs op Dinsdae vir honde, en Donderdae vir katte gedoen.
Foto: Stefan Skapie Goosen