Harvards kuier op Oudtshoorn

Die Flying Lions, ’n groep oud-lugmagvlieëniers, het Maandag (28 Maart) op Oudtshoorn kom kuier nadat hulle die naweek toeskouers by die Stellenbosch Lugskou met hul waaghalsige toertjies in die lug vermaak het. Die vlieëniers; Scully Levin, Arnie Meneghelli, Ellis Levin en Sean Thackwray, doen al meer as 14 jaar lank saam toertjies in hul Harvard AT6-vliegtuie, bekend as ’n “Texan”. Die Harvard staan bekend as een van die suksesvolste opleidingsvliegtuie wat nog gebou is, met meer as 17 000 wat tussen 1940 en 1954 gebou is. ’n Handvol Oudtshoorn Aeroklub-lede het die geleentheid gekry om saam te vlieg. Foto’s: Stefan Skapie Goosen