Nuwe sektorbevelvoerders vir Wyk 3

Regs: Die nuut aangestelde sektorbevelvoerders vir Sektor 3, ao Pieter du Plessis en sers Juanita Jackson. Foto verskaf

TWEE nuwe sektorbevelvoerders, ao Pieter du Plessis en sers Juanita Jackson, is onlangs aangestel om Sektor 3 in Oudtshoorn te bedien – wat die middedorp, Wesbank, Oudtshoorn-Suid en Oudtshoorn-Noord bedien.

Du Plessis en Jackson se taak is om die gemeenskap in die sektor te mo­biliseer en te organiseer om saam te staan teen misdaad, en as skakel tussen die inwoners in die sektor en die plaaslike polisiekantoor te dien. Dit behels die verant­woordelikheid vir alle planne en projekte wat misdaad in die sektor wil aanspreek.

Dit is nie die sektorbevelvoerders se taak om op algemene klagtes te reageer nie, maar om bande te bou met inwoners en aandag te skenk aan probleme of aspekte wat tot die styging van misdaad kan lei. Hulle is ook nou betrokke by WhatsApp-groepe en buurtwagte in die gebied.

Hulle kontaknommers is tel 044 203 9040 en sel 082 821 1027.